Het jy al gewonder hoe dit moet voel om alles, ek bedoel alles in hierdie lewe te verloor? Wel, die lewe is geneig om jou in 'n hoek te dryf. Waar? wanneer, hoekom hy?
Jonkheid is nietigheid en plesier duur net vir 'n kort rukkie. Die hartseer het skielik soos 'n wolk losgebars oor Eugene se lewe. Hoe sluk mens n bitter pil sonder water? Genesing kom net geleidelik wanneer jy vrede maak met die verlede. Vergifnis,vergifnis,vergifnis! Dit word slegs toepas vir diegene wat jou gat baie diep gegrawe het en betyds besef dat dit verkeerd is om ander mense te misbruik Om jouself te vergewe vir al jou verkeerde besluite in die lewe is verreweg die beste medisyne wat enige geneesheer kan voorskryf. Om te loop met onvergifnis en jouself te blameer baat niks, absoluut niks!
Om weer van vooraf of selfs onder te begin, is glad nie so moeilik nie. 'n Glasbeker wat skielik uit jou hand glip en in skerwe voor jou breek hoor almal, maar indien jy besluit om vining 'n besem te gryp en ontslae te word van die skerwe, word dit sagkens gedoen. Nie waar nie?
Om iemand finaal te groet,of om afskeid te neem van iets wat onlosmaaklik deel va jou is? Die onsigbare naelstring wat breek? Die seer is daagliks. Die wond byna ongeneesbaar. Feitlik ondraaglik om te dra. Daar is dae wat dit baie erger is as die dag van tevore.
Op die dertiende November 2004. 'n Dag wat ek nooit, ooit sal vergeet nie. Ek was persoonlik daar om Eugene se lyding te aanskou. Oppad na Westgate Mall, sien ek 'n man kop onderstebo sit en snik lanks die pad. Ek gewaar dus toe dat dit my my broer, Eugene is. Ek draai toe sommer skielik om in die middel van die pad. Toe ek nader kom, sien ek bloed en 'n steekmerk aan sy gesig. Toe ek hom vra wat gebeur het, toe antwoord hy skaam-skaam, "Dus weer my meisie wat my aangerand het. Sy haal haar frustrasies onnodig op my uit wanneer sy na dwelms smag. Ek kan nie meer nie Shante, maar dus my dogtertjie se ma. Hoe kan ek toelaat dat my dogtertjie telkemaal die sondige lewe van haar mammie moet aanskou?" Ek knik toe maar net my kop vir die honderdste maal. Ek ken die storie van begin tot einde. Eugene is stukkend, leeg, platgeslaan! Soekend na wat voorheen daar was, maar soos mis voor die son voorheen verdwyn het.
Eugene was goed opgebring. Ma het seker gemaak dat Eugene sy 3rde jaar ,om 'n prokureer te bekom, suksesvol afle. Met soveel spanning, suksesvol afle. Dis toe in sy 4rde jaar op Universiteit, toe gebeur die vreeslike saak soos 'n dief van die duistenis, en 'n uil wat met groot geel oe jou tussen die takke van die moerbei-boom in ons agterplasie loer, so het Melissa ingesluip en alles in Eugene se lewe in 'n oogwink verniel. Pa se siekte en dood is weens haar optrede in ons familie aan haar losbandige lewe gekoppel. Pa het gepraat en geskel. Feitlik elke dag gewaarsku soos 'n Moses.
"Vandag moet jy 'n keuse maak. Kom gebruik jou verstand, "Mnr Prokureer" en trek jou reg, anders gaan jy alles in 'n oogwink verloor. Dis nog nie te laat. Jy het 'n keuse! Jy kan saam haar wees, jou lewe verniel of die suksesvolle prokureer word wat jy al die jare hard voor geleer het vir. Dink net aan jou dogtertjie". Dit was my laaste woorde aan hom en vandag staan my broer hier langsaan my. Gereed om sy getuienis as 'n oorwinaar met die jongmense te deel.
Ons is baie, baie trots op jou. Om n goeie keuse ten spyte van moeilike omstandighede te maak is die moeite werd. Keuses, keuses, keuses !!!
Friday, 21 October 2016
Thursday, 13 October 2016
Oktober maand die beste, beste maand. Diep binne-in my gemoed onderdruk ek diepe geheimenisse.
Aag, Shante laat vaar jou geheimenisse en luister na jou sesde- sintuig.
'n Traan baklei teen my ooglid en my onderlip bewe. 'n Ligte suid-ooste windjie waai dit skielik weg en my ander oog volg die wit wolkie wat skielik sy verskyning bokant my kop gemaak het en in die rigting van die berg doelgerig beweeg. Tafelberg staan soos 'n sterk, stewige rots en knip oog vir my. Hy verseker my dat hy onbeweeglik en trots deur wind en reen nog steeds vas bly staan. Ten spyte van die rumoerigheid van die stad se lawaai.
Kaapstad se Universiteite is gesluit. Deure word gesluit vir almal wat graag hierdie jaar suksesvol wou wees. Ek staan verstom en beskou die onsteltenis van vryheidsgesange. Ek verstaan nie 'n woord wat hul sing nie. My hart klop nou in my keel. My universiteitsfooie moet nog betaal word. My broer se skoolfooie moet nog afbetaal word. Geen beurse was uitbetaal in my rekening. My bankrekening is so kaal soos die rand van ons land. Sy waarde bly dolleeg. Leeg, leer, leegste!!!
'n Fris windjie stoot so skielik met die ruik van nardis-olie my byna van die verhoog af.
Ek ruik Suid- Afrika se Proteas en raak bewus van sy geelhoutbome wat oor die grasgroen land al pronkelend heen en weer wieg. Dan hoor ek 'n trein wat luidrugtig voetgangers en motoriste waarsku dat hy vining oppad is na die stasie. Ek luister na die Mango-vliegtuig wat in die tussentyd ook sy verskyning bo ons koppe gemaak het. Hy gaan binnekort land by ons lughawe met soveel toeriste wat uitsien om ons land se sonskyn te geniet.
Dan word ek bewus van 'n handeklap. Wat het ek alles genoem in my toespraak?
Dan hoor ek die seremoniemeester luidrugtig se, "Mense kom ons gee Shante nog 'n handeklap."
Mense die lewe is vol keuses. Ons verhouding met mekaar moet eg wees.
Ons is geleen op hierdie aarde. Kom ons waardeur mekaar. Help en ondersteen ons jeug.
Hul het ons nodig!!!
Keuses.. keuses.. keuses...

Thursday, 6 October 2016
Hallo, al my vriende.
Vandag wil ek jul hartlik uitnooi om aandagtig agteroor te sit en net te luister. Eenvoudig net te
ontspan, 'n koppie koffie saam te geniet en weet dat Shante vandag lig bring op al jou
probleme. Ek skryf hierdie blog, vir almal wat duidelike kenmerke dra op hul gesigte en nog
steeds stagneer.
Die vraag is baie, baie eenvoudig: Weet jy dat jou lewe word bloot bepaal deur keuses?
Weet jy dat alles wat 'n mens bereik en alles wat hy nie bereik nie duidelik gevolg van sy eie
denke en optrede is?
Almal soek aanvaaring. Alle verhoudings het die basiese beginsels nodig: liefde, respek,
vertroue en 'n fyn balans tussen vrede en vreugde.
Keuses... keuses... keuses !!!
Subscribe to:
Posts (Atom)